Hier by ons lees die wild mos koerant, die hele veld is vol bokke die dag voor die jag, die dag van die jag is daar nie 'n bok in sig nie. Nou lyk dit of dit met die vuurpyle die selfde is, die wind "lees koerant!" Ons het die mooise weer voor Saterdag gehad, maar boeta Saterdag toe waai die wind ons onderstebo. As die weer mooi is hou ons komende Saterdag vlugtoets.

hou duimvas!